Vooraf Vervaardigde Beton (VVB) Panele is die nuutste produk wat Beyers Boukontrakteur bied.

Na jare se navorsing is ons tans besig met ons heel eerste woning. Die gedagte van VVB Panele word reeds wêreld wyd toegepas.

Die panele word vervaardig na u spesifieke vereistes en ‘n volledige panel sluit alle dienste sowel as opening vir vensters en deure in.

Die rede vir die gebruik van hierdie produk is eenvoudig, dit vereis heelwat minder arbeid, is vinniger as enige ander boumetode en ook bekostigbaarder. By dit alles is die waarde van ‘n huis wat met hierdie VVB Panele opgerig is, vergelykbaar met die van ‘n tradisionele baksteen huis.

Beyers Boukontrakteurs is ook reeds besig om die produk verder te verbeter.

 

Meer inligting

Indien u meer inligting verlang oor die produk, kontak ons gerus vir ‘n voorlegging.

Kontak ons..